Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 22:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dawid het weggegaan van koning Akis en hy het in die Adullam-grot gaan wegkruip. Sy broers en sy hele familie het gehoor dat hy daar is en hulle het na hom toe gegaan.

2. Almal wat probleme gehad het, het na Dawid toe gekom, en ook almal wat geld geskuld het en almal wat kwaad was vir ander mense. Dawid was hulle leier, en daar was omtrent 400 manne by hom.

3. Dawid het weggegaan van die Adullam-grot na die stad Mispe in Moab en hy het vir die koning van Moab gevra: “Mag my ouers asseblief by julle kom bly totdat ek weet wat God met my sal doen.”

4. Dawid het vir sy ouers woonplek gekry by die koning van Moab, en hulle het daar gebly terwyl Dawid in die berge weggekruip het.

5. Maar die profeet Gad het vir Dawid gesê: “Jy moenie aanhou om hier in die berge weg te kruip nie, jy moet na die land Juda gaan.”Dawid het toe gegaan en hy het in die Geret-bos gaan woon.

6. Saul het gehoor dat Dawid en sy manne in die Geret-bos is. Saul het by die stad Gibea op ’n hoë plek onder ’n tamariskboom gesit. Hy het sy spies in sy hand vasgehou, en al sy amptenare het by hom gestaan.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 22