Dawid het uit die profete-kamp by Rama gevlug en hy het na Jonatan toe gegaan. Hy het vir Jonatan gesê: “Wat het ek verkeerd gedoen? Wat het ek gedoen teen jou pa? Watter fout het ek gemaak? Hoekom wil jou pa my doodmaak?”