Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 17:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Filistyne het hulle manne laat bymekaarkom om oorlog te maak. Hulle het bymekaargekom by die stad Soko in die land Juda, en hulle het hulle tente opgeslaan by die stad Efes-Dammim, tussen Soko en Aseka.

2. Saul en die manne van Israel het ook bymekaargekom. Hulle het hulle tente opgeslaan in die vallei waar die groot boom is, en hulle het in rye gereedgestaan om oorlog te maak teen die Filistyne.

3. Die Filistyne was teen een berg, en die Israeliete was teen ’n ander berg. Daar was ’n klein vallei tussen hulle.

4. ’n Voorvegter het uit die Filistyne se kamp gekom. Sy naam was Goliat en hy het uit die stad Gat gekom. Hy was ses el en ’n span lank.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 17