Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 1:8-15 Bybel vir Almal (ABA)

8. Dan het haar man Elkana vir haar gesê: “Hanna, hoekom huil jy en hoekom eet jy nie? Hoekom is jy hartseer? Jy weet jy het vir my, en dit is beter as om tien seuns te hê.”

9. Nadat hulle in Silo saam geëet en gedrink het, het Hanna opgestaan. Die priester Eli het by die deur van die tempel op ’n stoel gesit.

10. Hanna was baie hartseer. Sy het tot die Here gebid en baie gehuil.

11. Sy het vir die Here belowe en gesê: “Here wat oor alles regeer, ek is u dienaar. U moet asseblief na my kyk en sien hoe hartseer ek is. U moet dink aan my, U moenie vir my vergeet nie. As U vir my ’n seun gee, dan sal ek hom bring om sy hele lewe lank aan U te behoort, en niemand sal sy hare afskeer nie.”

12. Hanna het lank aangehou bid tot die Here, en Eli het gesien sy praat.

13. Maar Hanna het saggies gepraat. Net haar lippe het beweeg. Eli kon nie hoor wat sy sê nie en hy het gedink sy is dronk.

14. Eli sê toe vir Hanna: “Hoe lank wil jy dronk bly? Gaan nou en kom terug wanneer jy nie meer dronk is nie.”

15. Maar Hanna het vir Eli gesê: “Nee, Meneer, ek het nie wyn of bier gedrink nie, ek is baie hartseer en ek het vir die Here gesê hoe ek voel.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 1