Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 1:23-28 Bybel vir Almal (ABA)

23. Haar man Elkana het vir haar gesê: “Jy moet doen wat jy dink is goed. Bly by die huis totdat die kind nie meer aan jou drink nie. Ek bid dat die Here alles sal doen wat Hy vir jou belowe het.”Hanna het by die huis gebly totdat haar seun opgehou het om aan haar te drink.

24. Nadat hy opgehou het om aan haar te drink, het sy hom saam met haar geneem en sy het hom na die tempel in Silo gebring. Die seun was nog jonk. Hanna het ’n bul saamgeneem wat drie jaar oud was en ook ’n efa meel en ’n velsak wyn.

25. Nadat hulle die bul geslag het, het hulle dit na die priester Eli gebring. Hulle het ook die seun gebring.

26. Hanna het vir Eli gesê: “Ekskuus, Meneer, jy sal dit miskien nie glo nie, maar ek is die vrou wat hier by jou kom staan het en tot die Here gebid het.

27. Ek het gebid om hierdie seun te kry, en die Here het vir my gegee wat ek gevra het.

28. En ek het besluit om hom vir die Here te leen. Hy sal sy hele lewe lank iemand wees wat ek vir die Here geleen het.”Elkana en sy huisgesin het toe die Here daar aanbid.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 1