Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 1:21-24 Bybel vir Almal (ABA)

21. Elkana en sy hele huisgesin het weer gegaan om die offer te bring wat hy elke jaar moes bring, en ook sy gelofte-offer.

22. Hanna het nie saamgegaan nie. Sy het vir haar man gesê: “Wanneer my seun nie meer aan my drink nie, dan sal ek hom bring en ek sal hom vir die Here gee om vir Hom te werk. Dan kan hy altyd daar bly.”

23. Haar man Elkana het vir haar gesê: “Jy moet doen wat jy dink is goed. Bly by die huis totdat die kind nie meer aan jou drink nie. Ek bid dat die Here alles sal doen wat Hy vir jou belowe het.”Hanna het by die huis gebly totdat haar seun opgehou het om aan haar te drink.

24. Nadat hy opgehou het om aan haar te drink, het sy hom saam met haar geneem en sy het hom na die tempel in Silo gebring. Die seun was nog jonk. Hanna het ’n bul saamgeneem wat drie jaar oud was en ook ’n efa meel en ’n velsak wyn.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 1