Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 1:18-26 Bybel vir Almal (ABA)

18. Hanna het geantwoord: “Ek hoop jy sal aanhou tevrede wees met my.”Sy het gegaan en geëet, en sy was nie meer ongelukkig nie.

19. Die volgende oggend het Elkana en Hanna vroeg opgestaan en hulle het tot die Here gebid, en toe het hulle teruggegaan na hulle huis in die stad Rama. Elkana het by Hanna geslaap, en die Here het aan haar gedink.

20. Aan die einde van daardie jaar het sy swanger geword en sy het ’n seun gekry. Sy het hom Samuel genoem. Sy het gesê: “Sy naam is Samuel, want ek het vir die Here gevra om hom vir my te gee.”

21. Elkana en sy hele huisgesin het weer gegaan om die offer te bring wat hy elke jaar moes bring, en ook sy gelofte-offer.

22. Hanna het nie saamgegaan nie. Sy het vir haar man gesê: “Wanneer my seun nie meer aan my drink nie, dan sal ek hom bring en ek sal hom vir die Here gee om vir Hom te werk. Dan kan hy altyd daar bly.”

23. Haar man Elkana het vir haar gesê: “Jy moet doen wat jy dink is goed. Bly by die huis totdat die kind nie meer aan jou drink nie. Ek bid dat die Here alles sal doen wat Hy vir jou belowe het.”Hanna het by die huis gebly totdat haar seun opgehou het om aan haar te drink.

24. Nadat hy opgehou het om aan haar te drink, het sy hom saam met haar geneem en sy het hom na die tempel in Silo gebring. Die seun was nog jonk. Hanna het ’n bul saamgeneem wat drie jaar oud was en ook ’n efa meel en ’n velsak wyn.

25. Nadat hulle die bul geslag het, het hulle dit na die priester Eli gebring. Hulle het ook die seun gebring.

26. Hanna het vir Eli gesê: “Ekskuus, Meneer, jy sal dit miskien nie glo nie, maar ek is die vrou wat hier by jou kom staan het en tot die Here gebid het.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 1