Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 8:22-25-38 Bybel vir Almal (ABA)

22-25. Die seuns van Sasak was Jispan, Eber, Eliël, Abdon, Sikri, Ganan, Gananja, Elam, Antotija, Jifdeja en Penuel.

26-27. Die seuns van Jerogam was Samserai, Segarja, Atalja, Jaäresja, Elija en Sikri.

28. Hierdie manne was die hoofde van hulle families en hulle leiers. Hulle het in Jerusalem gewoon.

29. Die voorvader van die mense van die stad Gibeon het in Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka.

30. Sy oudste seun was Abdon, en sy ander seuns was Sur, Kis, Baäl, Nadab,

31. Gedor, Agjo en Seker.

32. Miklot was die pa van Sima. Hulle het ook by hulle familie in Jerusalem gewoon.

33. Ner was die pa van Kis, Kis was die pa van Saul, en Saul was die pa van Jonatan, Malki-Sua, Abinadab en Esbaäl.

34. Die seun van Jonatan was Meribbaäl, en Meribbaäl was die pa van Miga.

35. Die seuns van Miga was Piton, Melek, Tarea en Agas.

36. Agas was die pa van Joadda, en Joadda was die pa van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die pa van Mosa.

37. Mosa was die pa van Bina, Bina was die pa van Rafa, Rafa was die pa van Elasa, en Elasa was die pa van Asel.

38. Asel het ses seuns gehad. Hier is hulle name: Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 8