Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 8:12-32 Bybel vir Almal (ABA)

12. Die seuns van Elpaäl was Eber, Misam en Semed. Semed het die stede Ono en Lod en die dorpe daar naby gebou.

13. Beria en Sema was die familiehoofde van die mense wat in die stad Ajalon gewoon het. Hulle het die mense weggejaag wat in die stad Gat gewoon het.

14-16. Die seuns van Beria was Agjo, Sasak, Jeremot, Sebadja, Arad, Eder, Mikael, Jispa en Joga.

17. Ander seuns van Elpaäl was Sebadja, Mesullam, Giski, Geber,

18. Jismerai, Jislia en Jobab.

19-21. Die seuns van Simi was Jakim, Sikri, Sabdi, Eljoënai, Silgi, Eliël, Adaja, Beraja en Simrat.

22-25. Die seuns van Sasak was Jispan, Eber, Eliël, Abdon, Sikri, Ganan, Gananja, Elam, Antotija, Jifdeja en Penuel.

26-27. Die seuns van Jerogam was Samserai, Segarja, Atalja, Jaäresja, Elija en Sikri.

28. Hierdie manne was die hoofde van hulle families en hulle leiers. Hulle het in Jerusalem gewoon.

29. Die voorvader van die mense van die stad Gibeon het in Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka.

30. Sy oudste seun was Abdon, en sy ander seuns was Sur, Kis, Baäl, Nadab,

31. Gedor, Agjo en Seker.

32. Miklot was die pa van Sima. Hulle het ook by hulle familie in Jerusalem gewoon.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 8