Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:9-18 Bybel vir Almal (ABA)

9. Agimaäs was die pa van Asarja, Asarja was die pa van Joganan,

10. Joganan was die pa van Asarja. Dit was hierdie Asarja wat die priester was in die tempel wat Salomo in Jerusalem gebou het.

11. Asarja was die pa van Amarja, Amarja was die pa van Agitub,

12. Agitub was die pa van Sadok, Sadok was die pa van Sallum,

13. Sallum was die pa van Gilkija, Gilkija was die pa van Asarja,

14. Asarja was die pa van Seraja, Seraja was die pa van Josadak.

15. Josadak het saamgegaan toe die Here vir Nebukadnesar gestuur het om die mense van Juda en Jerusalem te vang en weg te vat.

16. Die seuns van Levi was Gersom, Kehat en Merari.

17. Die name van die seuns van Gersom was Libni en Simi.

18. Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6