Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 6:10-30 Bybel vir Almal (ABA)

10. Joganan was die pa van Asarja. Dit was hierdie Asarja wat die priester was in die tempel wat Salomo in Jerusalem gebou het.

11. Asarja was die pa van Amarja, Amarja was die pa van Agitub,

12. Agitub was die pa van Sadok, Sadok was die pa van Sallum,

13. Sallum was die pa van Gilkija, Gilkija was die pa van Asarja,

14. Asarja was die pa van Seraja, Seraja was die pa van Josadak.

15. Josadak het saamgegaan toe die Here vir Nebukadnesar gestuur het om die mense van Juda en Jerusalem te vang en weg te vat.

16. Die seuns van Levi was Gersom, Kehat en Merari.

17. Die name van die seuns van Gersom was Libni en Simi.

18. Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.

19. Die seuns van Merari was Magli en Musi.En hier is nou die families in die nageslag van Levi:

20. Die nageslag van Gersom was die families Libni, Jagat, Simma,

21. Joag, Iddo, Serag en Jeatrai.

22. Die nageslag van Kehat was die families Amminadab, Korag, Assir,

23. Elkana, Ebjasaf, Assir,

24. Tagat, Uriël, Ussija en Saul.

25. Die nageslag van Elkana was die families Amasai, Agimot,

26. Elkana, Sofai, Nagat,

27. Eliab, Jerogam en Elkana.

28. Die seuns van Samuel was Joël, die oudste seun, en Abija, die tweede seun.

29. Die nageslag van Merari was die families Magli, Libni, Simi, Ussa,

30. Sima, Gaggija en Asaja.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 6