Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 5:7-15 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die name van Beëra se broers was Jeïel en Sagaria. Hulle families se name was geskryf in die naamlys, en Jeïel was hulle leier.

8. Dit is die nageslag van Bela seun van Asas seun van Sema seun van Joël, hulle het gewoon in die stad Aroër en tot by die stede Nebo en Baäl-Meon.

9. Hulle het na die oostekant gewoon tot teen die woestyn wat suid van die Eufraat-rivier is, want hulle skape en bokke het te veel geword in die land Gilead.

10. In die tyd toe Saul koning was, het die Ruben-stam oorlog gemaak teen die Hagareërs. Hulle het die Hagareërs oorwin en in hulle woonplekke gaan woon in die hele oostekant van die land Gilead.

11. Die Gad-stam het langs die Ruben-stam gewoon, hulle het gewoon in die land Basan tot by Salka.

12. Joël was die leier en Safam was die onderleier. Jaänai en Safat het ook in Basan gewoon.

13. Die sewe families in die Gad-stam was Mikael, Mesullam, Seba, Jorai, Jaäkan, Sia en Eber.

14. Hulle was van die nageslag van Abigail seun van Guri seun van Jaroag seun van Gilead seun van Mikael seun van Jesisai seun van Jagdo seun van Bus.

15. Die leier van hulle families was Agi seun van Abdiël seun van Guni.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 5