Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 5:5-8 Bybel vir Almal (ABA)

5. Simi was die pa van Miga, Miga was die pa van Reaja, Reaja was die pa van Baäl,

6. en Baäl was die pa van Beëra. Beëra was die leier van die Ruben-stam toe koning Tiglat-Pileser van Assirië hom gevang en weggevat het.

7. Die name van Beëra se broers was Jeïel en Sagaria. Hulle families se name was geskryf in die naamlys, en Jeïel was hulle leier.

8. Dit is die nageslag van Bela seun van Asas seun van Sema seun van Joël, hulle het gewoon in die stad Aroër en tot by die stede Nebo en Baäl-Meon.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 5