Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 4:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die seuns van Juda was Peres, Gesron, Karmi, Gur en Sobal.

2. Reaja seun van Sobal was die pa van Jagat, en Jagat was die pa van Agumai en Lagad. Hulle was die Sora-families.

3. Etam was die pa van Jisreël, Jisma en Jidbas. Hulle suster se naam was Selelponi.

4. Penuel was die pa van Gedor, en Eser was die pa van Gusa. Hulle was die nageslag van Gur, die oudste seun van Efrata, die voorvader van die mense van Betlehem.

5. Asgur, die voorvader van die mense van Tekoa, het twee vroue gehad, hulle name was Gela en Naära.

6. Asgur en Naära se seuns was Agussam, Gefer, Temni en Agastari.

7. Asgur en Gela se seuns was Seret, Sogar en Etnan.

8. Kos was die pa van Anub en Sobeba. Garum was die voorvader van die Agargel-families.

9. Jabes was belangriker as sy broers. Sy ma het hom Jabes genoem. Sy het gesê: “Ek gee hierdie naam vir hom omdat ek baie pyn gehad het toe hy gebore is.”

10. Jabes het tot die God van Israel gebid en gesê: “Ek bid dat U my baie sal seën en dat U baie grond vir my sal gee. Ek bid dat U my sal beskerm, sodat dit nie sleg sal gaan met my nie en sodat ek nie sal seerkry nie.”God het alles laat gebeur wat Jabes gevra het.

11. Kelub, die broer van Suga, was die pa van Megir, en Megir was die pa van Eston.

12. Eston was die voorvader van die mense van Bet-Rafa, Paseag en Teginna. Teginna was die voorvader van die mense van Ir-Nagas. Hulle was die Reka-mense.

13. Die seuns van Kenas was Otniël en Seraja, en die seuns van Otniël was Gatat.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 4