Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 3:19-24 Bybel vir Almal (ABA)

19. Die seuns van Pedaja was Serubbabel en Simeï. Serubbabel se seuns was Mesullam en Gananja, en sy dogter was Selomit.

20. Serubbabel het nog vyf ander seuns gehad. Hulle was Gasuba, Ohel, Berekja, Gasadja en Jusab-Gesed.

21. Die seuns van Gananja was Pelatja, Jesaja, Refaja, Arnan, Obadja en Sekanja.

22. Die ses seuns van Sekanja was Semaja, Gattus, Jigal, Bariag, Nearja en Safat.

23. Die drie seuns van Nearja was Eljoënai, Hiskia en Asrikam.

24. Die sewe seuns van Eljoënai was Hodauja, Eljasib, Pelaja, Akkub, Joganan, Delaja en Anani.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 3