Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27:1-17 Bybel vir Almal (ABA)

1. Hier is ’n lys van die familiehoofde van Israel, die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne, en hulle offisiere. Hulle het almal vir die koning gewerk. Elke maand van die jaar het ’n groep soldate gekom en elke maand het ’n groep teruggegaan huis toe. Daar was 24 000 manne in elke groep.

2. Jasobam seun van Sabdiël was die hoof van die eerste groep vir die eerste maand. Daar was 24 000 manne in sy groep.

3. Hy was van die Peres-familie en hy was die hoof van al die offisiere vir die eerste maand.

4. Dodai van die stad Agoag was die hoof van die groep vir die tweede maand. Miklot was die hoof-offisier van sy groep, hulle was 24 000 manne.

5. Die hoof vir die derde maand was Benaja, seun van die priester Jojada. Daar was 24 000 manne in sy groep.

6. Benaja was een van die 30 spesiale manne van die koning en hy was die leier van die 30 manne. Sy seun Ammisabad was die hoof-offisier van sy groep.

7. Die hoof vir die vierde maand was Asael broer van Joab, en ná hom was sy seun Sebadja die hoof. Daar was 24 000 manne in sy groep.

8. Die hoof vir die vyfde maand was Samhut van die Serag-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep.

9. Die hoof vir die sesde maand was Ira seun van Ikkes van die stad Tekoa. Daar was 24 000 manne in sy groep.

10. Die hoof vir die sewende maand was Geles van die Efraim-stam. Daar was 24 000 manne in sy groep.

11. Die hoof vir die agste maand was Sibbekai van die stad Gusa. Sibbekai was van die Serag-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep.

12. Die hoof vir die negende maand was Abiëser van die stad Anatot. Abiëser was van die Benjamin-stam. Daar was 24 000 manne in sy groep.

13. Die hoof vir die tiende maand was Magrai van die stad Netofa. Magrai was van die Serag-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep.

14. Die hoof vir die elfde maand was Benaja van die stad Piraton. Benaja was van die Efraim-stam. Daar was 24 000 manne in sy groep.

15. Die hoof vir die twaalfde maand was Geldai van die stad Netofa. Geldai was van die Otniël-familie. Daar was 24 000 manne in sy groep.

16. Hier is die name van die hoofde van die stamme van die Israeliete. Die hoof van die Ruben-stam was Eliëser seun van Sikri.Die hoof van die Simeon-stam was Sefatja seun van Maäka.

17. Die hoof van die Levi-stam was Gasabja seun van Kemuel.Die hoof van die Aäron-familie was Sadok.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 27