Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 26:19-26 Bybel vir Almal (ABA)

19. Dit was die groepe poortwagte van die Korag-familie en die Merari-familie.

20. Die ander Leviete van hierdie families wat die stoorkamers van die tempel en die gewyde presente moes oppas, was

21-22. Jegiël en sy seuns Setam en Joël. Jegiël was die seun van Ladan en hulle was van die Gerson-familie. Hulle moes wagstaan by die stoorkamers.

23-24. Van die families Amram, Jishar, Hebron en Ussiël was daar hierdie leiers: Subael seun van Gersom seun van Moses was die hoof oor die stoorkamers.

25. Subael se familie, die nageslag van Eliëser, was Selomot seun van Sikri seun van Joram seun van Jesaja seun van Regabja.

26. Selomot en sy familie moes die gewyde presente oppas wat koning Dawid en die familiehoofde gewy het saam met die leiers van 1 000 manne en die leiers van 100 manne en die hoofde van die leër.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 26