Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 26:1-15 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daar was ook groepe poortwagte. Van die Korag-familie was daar Meselemja seun van Kore, hy was een van die seuns van Asaf.

2-3. Meselemja het sewe seuns gehad, hulle was Sagaria, Jediael, Sebadja, Jatniël, Elam, Joganan en Eljehoënai.

4-5. Obed-Edom het ag seuns gehad, want God het hom geseën. Die seuns was Semaja, Josabad, Joag, Sakar, Netanel, Ammiël, Issaskar en Peülletai.

6. Obed-Edom se seun Semaja het seuns gehad wat leiers was in hulle families, want hulle was belangrike mense.

7. Die seuns van Semaja was Otni, Refael, Obed en Elsabad. Hulle broers was Elihu en Semakja, en hulle was twee manne wat goed kon werk.

8. Al hierdie manne was van die Obed-Edom-familie. Hulle en hulle seuns en hulle ander familie was manne wat goed kon werk. Daar was 62 manne van die Obed-Edom-familie.

9. Meselemja se seuns en sy ander familie was ook manne wat goed kon werk, hulle was 18 manne.

10. Gosa, van die Merari-familie, het vier seuns gehad. Simri was die familiehoof. Hy was nie die oudste seun nie, maar sy pa het hom gekies en aangestel om die familiehoof te wees.

11. Die ander seuns was Gilkija, Tebalja en Sagaria. Daar was 13 seuns en ander familie van Gosa.

12. Hierdie groepe poortwagte was almal saam met ’n man wat ’n familiehoof was, en hulle het gewerk saam met die ander Leviete wat in die tempel gewerk het.

13. ’n Familie-groep het by elke poort waggestaan. Hulle het vir almal van elke familie lootjies getrek, vir die groot families en vir die klein families.

14. Selemja het die lootjie getrek om by die oos-poort wag te staan, en sy seun Sagaria om by die noord-poort wag te staan. Sagaria was ’n verstandige raadgewer.

15. Obed-Edom het die lootjie getrek om by die suid-poort wag te staan, sy seuns om by die stoorkamers wag te staan,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 26