Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:8-20 Bybel vir Almal (ABA)

8. Ladan het drie seuns gehad, hulle was Jegiël, Setam en Joël. Jegiël was hulle hoof.

9. Simi se drie seuns was Selomit, Gasiël en Haran.

10. Simi het later nog vier seuns gehad, hulle was Jagat, Sina, Jeüs en Beria.

11. Jagat was hulle hoof, en Sisa was die onder-hoof. Jeüs en Beria het nie baie seuns gehad nie, en hulle was saam een familie-groep.

12. Kehat het vier seuns gehad, hulle was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.

13. Amram se seuns was Aäron en Moses. Aäron moes werk met die hoog-gewyde dinge en hy moes sorg dat dit altyd gewyd is, hy en sy nageslag, vir altyd. Hulle moes altyd wierook-offers vir die Here bring, hulle moes vir Hom werk en vir die volk sê dat die Here hulle sal seën.

14. Moses was die man van God. Moses en sy nageslag was van die Levi-stam.

15. Moses se seuns was Gersom en Eliëser.

16. Sebuel was die hoof van die Gersom-familie.

17. Regabja was die hoof van die Eliëser-familie. Eliëser het nie ander seuns gehad nie, maar Regabja het baie seuns gehad.

18. Selomit was die hoof van die Jishar-familie.

19. Jerija was die hoof van die Hebron-familie. Amarja was die tweede seun, Jagasiël was die derde en Jekamam was die vierde seun.

20. Miga was die hoof van die Ussiël-familie en Jissija was die onder-hoof.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23