Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dawid het oud geword, en toe sy lewe amper verby was, het hy sy seun Salomo koning gemaak oor Israel.

2. Hy het al die amptenare van Israel, en die priesters en Leviete laat bymekaarkom.

3. Hulle het die Leviete getel, die mans wat 30 jaar en ouer was. Daar was 38 000 Leviete.

4. Van daardie Leviete moes 24 000 die werk in die tempel doen, en 6 000 moes voormanne en regters wees.

5. Daar was 4 000 poortwagte, en 4 000 Leviete moes die Here prys met die musiek-instrumente wat hulle daarvoor gemaak het.

6. Dawid het die Levi-familie in drie groepe verdeel en laat werk. Hulle was die Gerson-familie, die Kehat-familie en die Merari-familie.

7. Ladan en Simi was van die Gerson-familie.

8. Ladan het drie seuns gehad, hulle was Jegiël, Setam en Joël. Jegiël was hulle hoof.

9. Simi se drie seuns was Selomit, Gasiël en Haran.

10. Simi het later nog vier seuns gehad, hulle was Jagat, Sina, Jeüs en Beria.

11. Jagat was hulle hoof, en Sisa was die onder-hoof. Jeüs en Beria het nie baie seuns gehad nie, en hulle was saam een familie-groep.

12. Kehat het vier seuns gehad, hulle was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël.

13. Amram se seuns was Aäron en Moses. Aäron moes werk met die hoog-gewyde dinge en hy moes sorg dat dit altyd gewyd is, hy en sy nageslag, vir altyd. Hulle moes altyd wierook-offers vir die Here bring, hulle moes vir Hom werk en vir die volk sê dat die Here hulle sal seën.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23