Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 18:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Later het Dawid die Filistyne heeltemal oorwin. Hy het die stad Gat vir hom gevat en ook die dorpe daar naby wat aan die Filistyne behoort het.

2. Dawid het ook die Moabiete oorwin. Die Moabiete moes vir Dawid werk en hulle moes belasting betaal vir hom.

3. Dawid het na die Eufraat-rivier gegaan om sy gedenksteen weer regop te sit. Hy het vir Hadad-Eser seun van Regob oorwin. Hadad-Eser was die koning van die land Soba naby die stad Hamat.

4. Dawid het 1 000 oorlogkarre, 7 000 manne op perde en 20 000 voetsoldate van Hadad-Eser gevat. Dawid het al die perde se hakskene laat sny, die perde wat die oorlogkarre getrek het. Hy het net genoeg perde laat oorbly om 100 oorlogkarre te trek.

5. Die Arameërs van Damaskus het gekom om vir Hadad-Eser koning van Soba te help, maar Dawid het hulle oorwin en hy het 20 000 van hulle manne doodgemaak.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 18