Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 6:29-38 Bybel vir Almal (ABA)

29. Salomo het gerubs, palmbome en blomme laat uitsny op al die mure van die tempel, in die voorste kamer en in die binneste kamer.

30. Hy het ook die vloere van die voorste kamer en die binneste kamer met goud laat toemaak.

31. Hy het twee deure van olyfhout vir die binneste kamer laat maak. Die rame van die deure het vyf hoeke gehad.

32. Hy het gerubs, palmbome en blomme laat uitsny op die twee deure en hy het dit alles met goud toegemaak.

33. Hy het dieselfde gedoen met die deur van die voorste kamer, maar die raam van die deur het vier hoeke gehad. Die raam was van olyfhout.

34. Die twee deure was van sipreshout en dit was swaaideure.

35. Hy het gerubs, palmbome en blomme op die deure laat uitsny en hy het dit alles met goud toegemaak.

36. Rondom die binneste oop stuk grond voor die tempel het hy ’n muur gebou. In die muur was drie rye gekapte klip en een ry sederhout opmekaar.

37. Hulle het die onderste klippe van die tempelmure op hulle plekke neergesit in die vierde jaar, in die maand Sif,

38. en die tempel en alles daarby was klaar in die elfde jaar, in die maand Bul, die agste maand. Salomo het sewe jaar lank gebou, en toe was die tempel klaar.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 6