Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 6:18-21 Bybel vir Almal (ABA)

18. Salomo het bitterappels en blomme laat uitsny op die mure van die tempel se binnekant. Alles was van sederhout, ’n mens kon nie die klip van die mure sien nie.

19. Hy het die binneste kamer in die tempel gereedgemaak om die verbondskis van die Here daar te sit.

20. Die binneste kamer was 20 el lank en 20 el breed en 20 el hoog, en Salomo het die mure laat toemaak met dun goudplate. Hy het die altaar voor die binneste kamer van sederhout laat maak.

21. Hy het die mure van die tempel se binnekant laat toemaak met dun goudplate en hy het goue kettings voor die binneste kamer laat hang.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 6