Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 9:24-33 Bybel vir Almal (ABA)

24. Hy het ons ook gereedgemaak. Ja, God het ons gekies om aan Hom te behoort, Hy het ons gekies uit die Jode en ook uit die heidene.

25. Dit is soos God in die boek Hosea sê: Ek sal vir Nie-My-Volk-Nie sê:“Julle is my volk,”en Ek sal vir die mense sêvir wie niemand lief is nie:“Ek is lief vir julle.”

26. God het ook in die boek Hosea gesê: Ek het vir hulle gesê:“Julle is nie my volk nie,”maar op daardie plek waar Ekdit gesê het,sal Ek vir hulle sê:“Julle is kinders van die Godwat lewe.”

27. En Jesaja skree en sê oor die Israeliete: Die Israeliete is so baiesoos die sand van die see,maar die Here sal minvan hulle red,Hy sal die klein bietjie redwat oorbly,

28. want die Here sal die menseop die aarde straf,Hy sal dit gou doen.

29. Dit is ook wat Jesaja gesê het lank voordat dit gebeur het: Die Here wat oor alles regeer,het ons nie almal laat sterf nie,Hy het ’n paar van ons laat oorbly.As Hy dit nie gedoen het nie,dan was ons soos Sodomen Gomorra.

30. Daarom sê ek: Dit was vir die heidene nie belangrik dat God hulle moet vryspreek nie. Maar God hét hulle vrygespreek omdat hulle in Christus glo.

31. Die Israeliete het probeer doen wat die wette sê sodat God hulle moet vryspreek. Maar hulle het nie regtig gedoen wat die wette sê nie.

32. Hoekom nie? Hulle wou graag hê dat God hulle moet vryspreek, maar hulle wou nie in Christus gló nie, hulle het net gedoen wat die wette sê. Hulle was soos mense wat teen ’n klip gestamp het en geval het.

33. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Ek sit in Sion ’n klipwaarteen mense sal stamp,’n rots waaroor hulle sal val.Daar is ook geskryf: Maar die mense wat in Hom glo,sal wen,Hy sal hulle nie alleen los nie.

Lees volledige hoofstuk Romeine 9