Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 7:11-25 Bybel vir Almal (ABA)

11. Want die sonde het God se wette gebruik en dit het my iets laat glo wat nie waar is nie. Ja, die sonde het die wette gebruik om my dood te maak.

12. Daarom, die wette is God se wette. God gee elke wet, en elke wet is reg en goed.

13. Mag ons dan sê die wette wat goed is, het my doodgemaak? Nee, nooit nie! Dit is die sonde wat my doodgemaak het. Die sonde gebruik God se goeie wette om my dood te maak sodat almal kan weet wat die sonde is. Ja, die sonde gebruik die wette, en so word die sonde altyd meer.

14. Ons weet dat die Heilige Gees die wette gegee het, maar ek is ’n mens, ek doen slegte dinge, ek is ’n slaaf van die sonde.

15. Ek verstaan nie wat ek doen nie. Ek wil goeie dinge doen, maar dan doen ek dit nie. Ek doen slegte dinge, dinge wat ek haat.

16. En wanneer ek dinge doen wat ek nie wil doen nie, dan besef ek dat die wette goed is.

17. Want dit is nie ék wat die slegte dinge doen nie, dit is die sónde wat in my is.

18. Ek weet daar is niks in my wat goed is nie. Ek wil graag goeie dinge doen, maar ek doen dit nie.

19. Ja, ek doen nie die goeie dinge wat ek graag wil doen nie, maar ek doen die slegte dinge wat ek nie wil doen nie.

20. En wanneer ek die slegte dinge doen wat ek nie wil doen nie, dan is dit nie ek wat die slegte dinge doen nie, dit is die sonde wat dit doen, die sonde wat in my is.

21. Ek het iets geleer wat altyd waar is: Ek wil graag die goeie dinge doen, maar die slegte dinge is altyd in my.

22. Ek dink aan die wette van God en ek is baie lief vir hulle.

23. Maar daar is ook ander wette in my, en hierdie ander wette baklei teen die wette van God. Ek weet sy wette is reg. Maar die wette wat in my is, het my gevang, hulle regeer oor my en hulle laat my slegte dinge doen met my liggaam.

24. Daarom, dit gaan baie sleg met my! Die lewe wat ek nou lewe, bring my by die dood! Wie sal my daarvan red?

25. Dit is God wat my red, en ek sê vir Hom dankie, Hy gebruik vir Jesus Christus ons Here om my te red.Ja, ek wil graag ’n slaaf van God wees, ek wil doen wat Hy sê. Maar ek is ’n mens, ek is ’n slaaf van die sonde, en daarom doen ek wat die sonde vir my sê.

Lees volledige hoofstuk Romeine 7