Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 7:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Vriende, ek weet julle ken God se wette. Julle weet dat die wette oor ’n mens regeer terwyl hy lewe.

2. Die wette sê dat ’n vrou wat getroud is, net haar eie man se vrou is terwyl hy lewe. Maar wanneer haar man gesterf het, dan is sy vry, dit sê die wette.

3. Die wette sê sy pleeg egbreuk wanneer sy ’n ander man se vrou word terwyl haar man lewe. Maar wanneer haar man dood is, dan is sy vry, die wet regeer nie meer oor haar nie. As sy daarna ’n ander man se vrou word, dan pleeg sy nie egbreuk nie.

Lees volledige hoofstuk Romeine 7