Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 5:4-12 Bybel vir Almal (ABA)

4. En wanneer ons geduldig is, dan wys dit dat ons is soos God wil hê, en wanneer ons is soos God wil hê, dan hoop en weet ons dat God ons sal red.

5. Ons weet ons sal kry wat ons hoop, want God het die Heilige Gees vir ons gegee, en die Heilige Gees maak ons harte vol met God se liefde.

6. Christus het gesterf toe ons nog swak was. Ja, Hy het op die regte tyd gesterf om die sondaars te red.

7. Niemand sal lus wees om te sterf om ’n ander mens te red nie, ook nie as daardie ander mens reg lewe nie. Ja, miskien sal daar iemand wees wat dapper is en lus is om te sterf om ’n goeie mens te red.

8. Maar Christus het gesterf om ons te red toe ons sondaars was. Daarom weet ons dat God baie lief is vir ons.

9. Christus het gesterf, en daarom het God ons vrygespreek. En daarom kan ons baie meer seker wees dat Christus ons ook sal red sodat God ons nie sal straf nie.

10. Ons was voorheen God se vyande, maar God se Seun het gesterf sodat alles reg kan wees tussen ons en God. God het vir Christus weer laat lewe. Nou is alles reg tussen God en ons, daarom kan ons baie meer seker wees dat Christus ons sal red.

11. Ons weet dat Christus ons sal red en ons is ook baie trots, want ons Here Jesus Christus het gesterf sodat alles reg kan wees tussen God en ons en sodat ons aan God kan behoort.

12. Daarom, een mens, Adam, het eerste sonde gedoen, en hy moes sterf. Van toe af doen al die mense sonde, en hulle moet almal sterf.

Lees volledige hoofstuk Romeine 5