Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 5:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. God het ons vrygespreek omdat ons in Christus glo. Nou is daar vrede tussen ons en God, want ons Here Jesus Christus het vrede gemaak tussen ons en God.

2. En Christus help vir ons wat glo, sodat ons elke dag kan weet dat God baie goed is vir ons. En ons is trots, want ons hoop en weet dat ons eendag by God, ons Koning, sal wees.

3. Ons is ook trots wanneer ons swaarkry, want ons weet dat wanneer ons swaarkry, dan leer ons om geduldig te wees.

4. En wanneer ons geduldig is, dan wys dit dat ons is soos God wil hê, en wanneer ons is soos God wil hê, dan hoop en weet ons dat God ons sal red.

5. Ons weet ons sal kry wat ons hoop, want God het die Heilige Gees vir ons gegee, en die Heilige Gees maak ons harte vol met God se liefde.

Lees volledige hoofstuk Romeine 5