hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 4 Bybel vir Almal (ABA)

Abraham het in God geglo

1. Wat het gebeur met Abraham, die voorvader van die Jode?

2. As die dinge tussen Abraham en God reg was omdat Abraham die regte dinge gedoen het, dan kon Abraham trots wees op homself wanneer hy by mense is, maar nie wanneer hy voor God staan nie.

3. Want in die Ou Testament is geskryf: Abraham het God geglo,en God het hom vrygespreekvan sy sonde.

4. As mense dinge moet doen sodat God hulle moet vryspreek, dan is dit dieselfde soos wanneer hulle werk en iemand betaal hulle daarvoor. Hulle kry die betaling omdat hulle gewerk het en nie omdat die man vir wie hulle werk, goed wil wees vir hulle nie.

5. Maar God spreek mense vry, nie omdat hulle dinge doen nie, maar omdat hulle glo. Hulle glo in Hom wat sondaars vryspreek.

6. Dawid sê ook dat party mense gelukkig is omdat God hulle vryspreek, nie omdat hulle die regte dinge doen nie.

7. Dawid skryf: Mense doen verkeerde dinge,maar die Here vergewe hulle.Hulle doen sonde, maar die Hereneem hulle sonde weg,daarom is hulle gelukkige mense.

8. Hulle is gelukkige mense,want die Here hethulle sonde vergewe.

9. Wie is die mense wat gelukkig is? Die mense wat besny is, is gelukkig, maar die mense wat nie besny is nie, is ook gelukkig. Want ek het voorheen gesê dat God vir Abraham vrygespreek het omdat hy geglo het.

10. Wanneer het God vir Abraham vrygespreek? Toe Abraham besny was of vóórdat hy besny was? God het vir Abraham vrygespreek voordat Abraham besny is.

11. Abraham het geglo voordat hy besny is. Hy is later besny, en toe was sy besnydenis ’n teken dat God hom vrygespreek het omdat hy glo. Daarom is Abraham die voorvader van al die mense wat nie besny is nie, maar wat glo. God spreek hulle almal vry omdat hulle glo.

12. En Abraham is ook die voorvader van al die mense wat besny is en wat ook glo soos Abraham geglo het voordat hy besny is.

13. God het vir Abraham en sy nageslag belowe dat die wêreld aan hulle sal behoort. God het dit nie belowe omdat Abraham gedóén het wat God se wette sê nie, God het dit belowe omdat Abraham gegló het en omdat God hom toe vrygespreek het.

14. As mense moet doen wat die wette sê sodat hulle kan kry wat God vir hulle belowe het, dan help dit nie dat hulle glo nie. Dit help ook nie dat God vir hulle iets belowe het nie.

15. Wanneer mense ongehoorsaam is aan God se wette en hulle doen sonde, dan sal God hulle straf, maar as daar nie wette is nie, dan kan mense nie ongehoorsaam wees aan die wette en sonde doen nie.

16. Daarom, God belowe iets en Hy gee dit vir mense omdat hulle glo, want Hy wil goed wees vir hulle. Hy wil ook hê hulle moet seker wees dat hulle sal kry wat Hy vir hulle belowe het. Hy belowe dit nie net vir die mense wat doen wat die wette sê nie, maar ook vir mense wat glo soos Abraham geglo het, Abraham wat ons almal se voorvader is.

17. Want God het vir Abraham gesê: Ek het jou die voorvadervan baie volke gemaak.Abraham het naby God gelewe en hy het in God geglo, God wat dooie mense weer laat lewe en wat dinge maak, dinge wat voorheen nie daar was nie.

18. Niemand het gedink Abraham sal die voorvader van baie nasies kan word nie, maar Abraham het geglo dit sal gebeur, want God het vir hom gesê: Jou nageslag sal groot wees.

19. Abraham was omtrent 100 jaar oud en hy het geweet hy is naby die dood. Hy het ook geweet Sara kan nie kinders kry nie. Maar sy geloof het sterk gebly.

20. Hy het nie opgehou glo nie. Hy het aangehou glo dat God vir hom sal gee wat Hy belowe het. Sy geloof het sterker geword. Abraham het vir God geprys

21. en hy het baie seker geweet dat God kan doen wat Hy belowe het.

22. Daarom het God vir Abraham vrygespreek.

23. Daar is geskryf dat God hom vrygespreek het, maar dit is nie net vir Abraham geskryf nie,

24. dit is ook vir ons geskryf. God sal vir ons ook vryspreek, vir ons wat glo in God wat vir Jesus, ons Here, weer laat lewe het.

25. God het vir Jesus laat sterf omdat ons sonde gedoen het, en God het vir Jesus weer laat lewe omdat God ons wou vryspreek.