Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 3:27-31 Bybel vir Almal (ABA)

27. Mense mag nie trots wees op hulleself en spog omdat hulle doen wat die wette sê nie, want God spreek hulle nie daaroor vry nie. Hy spreek hulle vry omdat hulle glo.

28. Ja, ons weet God spreek mense vry omdat hulle glo, nie omdat hulle doen wat die wette sê nie.

29. God is nie net die God van die Jode nie, Hy is ook die God van die heidene.

30. Daar is net een God. Hy sal die mense wat besny is, vryspreek omdat hulle glo, en Hy sal die mense wat nie besny is nie, ook vryspreek omdat hulle glo.

31. Ons sê mense moet glo in Christus. Daarom sê party mense ons sê God se wette beteken niks. Dit is nie waar nie! Nooit nie! God se wette is vir ons belangrik.

Lees volledige hoofstuk Romeine 3