Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 16:16-27 Bybel vir Almal (ABA)

16. Julle moet mekaar groet met ’n soen. Dit sal wys dat julle almal aan Christus behoort.Al die gemeentes van Christus stuur groete vir julle.

17. Vriende, ek vra mooi vir julle: Julle moet oppas vir die mense wat julle laat stry en sonde laat doen. Dit is nie wat julle geleer het nie. Julle moet hulle los.

18. Hulle dien nie vir Christus die Here nie, hulle dink net aan dit wat hulle self wil hê. Hulle sê baie mooi dinge, en so verlei hulle die mense wat min weet.

19. Almal weet julle is gehoorsaam aan Christus, en ek is bly dat julle gehoorsaam is. Ek wil hê julle moet verstandig wees en julle moet weet wat goed is. En ek wil hê julle moet niks verkeerd doen nie.

20. God wat vrede gee, sal gou die Satan oorwin, en julle sal oor die Satan regeer.Ek bid dat ons Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle.

21. Timoteus, wat saam met my werk, stuur groete vir julle. Ook Lucius, Jason en Sosipater. Hulle is Jode soos ek.

22. Ek, Tertius, het hierdie brief geskryf. Ek behoort ook aan die Here en ek stuur groete vir julle.

23. Ek bly by Gaius. Hy stuur groete vir julle. Die hele gemeente wat in sy huis bymekaarkom, stuur ook groete vir julle.Erastus werk met die stad se geld. Hy en ons vriend Kwartus stuur groete vir julle.

25. God kan julle geloof sterk maak. Dit is die goeie boodskap wat ek bring, die goeie boodskap oor Jesus Christus. Die mense het voorheen nooit geweet van die boodskap oor Christus nie,

26. maar nou het God vir almal die boodskap oor Christus laat verstaan. Hulle lees dit in die boeke van die profete. God, wat altyd lewe, het gesê al die heidene moet ook die boodskap hoor sodat hulle in Christus kan glo en gehoorsaam kan wees.

27. Kom ons prys altyd vir Jesus Christus en vir God, net Hy het wysheid. Amen.

Lees volledige hoofstuk Romeine 16