Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:29-33 Bybel vir Almal (ABA)

29. Ek weet dat ek al die seën van Christus vir julle sal bring wanneer ek na julle toe kom.

30. Vriende, ons behoort almal aan ons Here Jesus Christus, en die Heilige Gees help ons om lief te wees vir mekaar. Daarom vra ek mooi vir julle, julle moet baie ernstig saam met my bid dat God my sal help.

31. Daar is mense in die provinsie Judea wat nie in Christus glo nie, en hulle wil slegte dinge doen aan my. Daarom moet julle bid dat God my sal beskerm teen hulle. Julle moet ook bid dat God sal help dat die gelowiges in Judea tevrede sal wees met die werk wat ek daar gaan doen.

32. As God dit wil hê, sal ek dan na julle toe kom, en ek sal bly wees. Dit sal vir my baie lekker wees om by julle te wees en daar by julle te rus.

33. Ek bid dat die God wat vrede gee, by julle almal sal wees. Amen.

Lees volledige hoofstuk Romeine 15