hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 12 Bybel vir Almal (ABA)

Hoe gelowiges moet lewe

1. Vriende, God is baie goed vir julle. Daarom vra ek mooi vir julle: Julle moet vir God dien soos Hy wil hê julle moet Hom dien. Julle moet self offers wees vir Hom. Dit beteken: Julle moet reg lewe, julle moenie sonde doen nie, want julle behoort aan God. Julle moet goeie dinge doen, dinge waarvan God hou.

2. Julle moenie wees soos die mense van hierdie wêreld nie. Julle moet vir God vra om julle te verander sodat julle die regte dinge sal dink. Dan sal julle dinge doen wat God wil hê julle moet doen, goeie dinge, dinge waarvan Hy hou, dinge wat heeltemal reg is.

Gelowiges moet hulle genadegawes reg gebruik

3. God was baie goed vir my. Daarom sê ek vir elkeen van julle: Jy moenie dink jy is belangriker as wat jy regtig is nie. Jy moet verstandig dink oor jouself en oor alles. Julle moet onthou dit is God wat vir julle elkeen sê hoe julle Hom moet dien.

4. Ons is soos ’n mens se liggaam. ’n Mens het een liggaam, maar die liggaam het baie dele, en elke deel doen iets anders.

5. Dit is dieselfde met ons. Ons is baie mense, maar ons behoort aan Christus en daarom is ons soos een liggaam, ons behoort almal aan mekaar.

6. God het genadegawes vir ons gegee, maar God het nie dieselfde genadegawes vir ons almal gegee nie. As party van ons die boodskappe van God vir die ander gelowiges kan bring, dan moet ons die regte boodskappe vir hulle bring.

7. As party van ons die ander gelowiges kan dien, dan moet ons hulle dien. As party van ons vir die ander gelowiges kan leer, dan moet ons vir hulle leer.

8. As party van ons vir die ander gelowiges kan help om reg te lewe, dan moet ons vir hulle help. As party van ons vir die ander gelowiges van ons eie goed en geld kan gee, dan moet ons baie gee. As party van ons leiers kan wees, dan moet ons hard werk om goeie leiers te wees. As party van ons goed kan wees vir mense wat swaarkry, dan moet dit vir ons lekker wees om dit te doen.

Gelowiges moet lief wees vir mekaar

9. Julle moet waarlik lief wees vir mekaar.Julle moet slegte dinge haat en graag goeie dinge doen.

10. Julle behoort aan Christus en aan mekaar, daarom moet julle lief wees vir mekaar.Julle moet eerste wees om ander mense te respekteer.

11. Julle moenie lui wees nie, julle moet hard werk in die gemeente.Dit moet vir julle lekker wees.Julle moet die Here dien.

12. Julle moet wys dat julle bly is, want julle weet dat die Here julle sal red.Wanneer julle swaarkry, dan moet julle geduldig wees.Julle moet aanhou bid.

13. Party mense wat ook aan die Here behoort, het baie min goed. Julle moet van julle goed vir hulle gee.Julle moet vriendelik wees met vreemdelinge.

14. Wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle vir die Here vra om goed te wees vir hulle, julle moenie vir Hom vra om hulle te straf nie.

15. Wanneer ander mense bly is, dan moet julle saam met hulle bly wees.Wanneer hulle hartseer is, dan moet julle saam met hulle hartseer wees.

16. Julle moet altyd gereed wees om saam te werk met mekaar.Julle moenie dink dat julle baie belangrik is en dat julle nie by mense kan wees wat nie so belangrik soos julle is nie.Julle moenie dink julle weet alles nie.

17. Wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle nie ook slegte dinge aan hulle doen nie.Julle moet goeie dinge doen. Al die mense moet dink dit is goeie dinge.

18. Julle moet baie hard probeer om in vrede te lewe met ander mense.

19. Liewe vriende, wanneer mense slegte dinge aan julle doen, dan moet julle nie self vir hulle straf nie. Julle moet wag, God sal hulle straf, want in die Ou Testament is geskryf:Die Here sê: Dit is Ék wat mensesal straf oor wat hulleverkeerd gedoen het.

20. Maar daar is ook geskryf: Wanneer jou vyande honger is,dan moet jy vir hulle kos geeom te eet,en wanneer hulle dors is,dan moet jy vir hulle iets geeom te drink.As jy dit doen, dan sal hullebaie skaam word,hulle sal nie meer jou vyandewil wees nie.

21. Jy moenie dat slegte dinge jou oorwin nie. Jy moet goeie dinge doen, sodat jý die slegte dinge kan oorwin.