Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 11:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Iemand sal miskien vra: “Het God sy volk gelos?” Nee, nooit nie. Julle moet onthou, ek is ook ’n Israeliet, ek is van die nageslag van Abraham. Ek behoort aan die Benjamin-stam.

2. God het nie sy volk gelos nie. Hy het hulle gekies om aan Hom te behoort. Hy het hulle gekies voordat Hy alles gemaak het. Julle moet onthou wat die Ou Testament oor Elia sê. Elia het by God gekla oor die Israeliete. Elia het gesê:

3. “Here, die Israeliete het u profete doodgemaak, en hulle het u altare afgebreek. Ek het alleen oorgebly. En nou wil hulle my ook doodmaak.”

4. Maar God het vir Elia gesê: “Ek het vir My 7 000 mense laat oorbly wat nie hulle knieë gebuig het en vir Baäl aanbid het nie.”

5. God het nou ook mense laat oorbly. Dit is die mense wat Hy gekies het om aan Hom te behoort omdat Hy baie goed wil wees vir hulle.

6. God het hulle gekies omdat Hy baie goed wil wees vir hulle, nie omdat hulle goeie dinge gedoen het nie. As God hulle gekies het omdat hulle goeie dinge gedoen het, dan is dit nie regtig genade nie.

7. Dit beteken: Die Israeliete wou hê God moet hulle vryspreek, maar Hy het dit nie gedoen nie. Hy het party mense gekies en Hy het hulle vrygespreek, maar Hy het die ander mense hardkoppig gemaak.

8. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: God het hulle mense gemaakwat niks kan doen nie,Hy het vir hulle oë gegeewat nie sien nieen ore wat nie hoor nie.Dit is vandag nog dieselfde.

9. En Dawid sê in die Ou Testament: U moet hulle strafdaar by hulle offer-etes,U moet hulle laat valsoos voëls in vangnette val.Hulle moet val en seerkry,U moet hulle straf.

10. U moet hulle blind maaksodat hulle nie kan sien nie.U moet elkeen se rugkrom maaksodat hulle nooit weer kanloop nie.

Lees volledige hoofstuk Romeine 11