Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 1:4-7 Bybel vir Almal (ABA)

4. Die Seun het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe. Daarom het die Heilige Gees gesê Christus is die Seun van God wat alles kan doen. Ja, Hy is Jesus Christus ons Here.

5. Christus was baie goed vir my en Hy het my gekies en aangestel om ’n apostel te wees. Ek moet vir al die heidene van Hom vertel, sodat hulle in Hom kan glo en gehoorsaam kan wees aan Hom. Dan sal almal weet wie Christus is.

6. Julle glo ook in Jesus Christus. Hy het ook vir julle gekies om aan Hom te behoort.

7. Ek skryf hierdie brief vir julle almal wat in die stad Rome is. God is lief vir julle, Hy het julle gekies om aan Hom te behoort.Ek bid dat God ons Vader en die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee.

Lees volledige hoofstuk Romeine 1