Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 8:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die tweede engel het sy trompet geblaas. Ek het iets gesien wat lyk soos ’n groot berg wat brand en wat vol vuur is. Dit het op die see geval, en een derde van die see het bloed geword.

9. Een derde van alles wat in die see lewe, het doodgegaan en een derde van al die skepe het gesink.

10. Die derde engel het sy trompet geblaas. Toe val ’n groot ster uit die lug. Dit het gebrand soos ’n fakkel. Die ster het geval op een derde van die riviere en fonteine.

11. Die ster se naam was Wilde-als. Een derde van die water het so bitter soos wilde-als geword, en baie mense het gesterf van die water, want dit het bitter geword.

12. Die vierde engel het sy trompet geblaas. Een derde van die son en een derde van die maan en een derde van die sterre het donker geword. Een derde van die dag was donker, en die nag was ook donker.

13. En ek het ’n arend gesien wat hoog in die lug vlieg. Ek het gehoor hy skree hard en hy sê: “Dit sal baie baie sleg gaan met die mense op die aarde wanneer die ander drie engele hulle trompette blaas.”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 8