Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 8:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die eerste engel het sy trompet geblaas. Toe val daar hael en vuur op die aarde, saam met bloed. Een derde van die aarde het verbrand, een derde van die bome het verbrand en al die groen gras het verbrand.

8. Die tweede engel het sy trompet geblaas. Ek het iets gesien wat lyk soos ’n groot berg wat brand en wat vol vuur is. Dit het op die see geval, en een derde van die see het bloed geword.

9. Een derde van alles wat in die see lewe, het doodgegaan en een derde van al die skepe het gesink.

10. Die derde engel het sy trompet geblaas. Toe val ’n groot ster uit die lug. Dit het gebrand soos ’n fakkel. Die ster het geval op een derde van die riviere en fonteine.

11. Die ster se naam was Wilde-als. Een derde van die water het so bitter soos wilde-als geword, en baie mense het gesterf van die water, want dit het bitter geword.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 8