Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 12:10-18 Bybel vir Almal (ABA)

10. Toe het ek gehoor iemand skree hard in die hemel en hy sê:“Ons God het ons gered!Hy is baie sterk!Hy is ons Koning en Hy regeer!Ja, die Christus van Godregeer oor alles en almal!Want God het die Satanuit die hemel gegooi,die Satan wat elke dagen elke nagdie mense beskuldigwat saam met ons glo.

11. Maar die gelowigeshet die Satan oorwinomdat die Lam gesterf heten omdat hulle vir almalvertel het wat hulle geglo het.Ja, hulle was nie bangtoe die mense hulledoodgemaak het nie.

12. Daarom moet die hemelbly wees,almal wat in die hemel woon,moet bly wees!Maar die mense op die aardesal baie swaar kry,en die see sal baie swaar kry.Want die duiwel het afgekomna julle toeen hy is baie kwaad,want hy weet hy het min tyd.”

13. En toe die draak sien dat God hom op die aarde gegooi het, het hy die vrou gevolg en gejaag, die vrou wat die seun gekry het.

14. Maar God het vir die vrou twee vlerke van ’n groot arend gegee sodat sy kon wegvlieg van die slang, sy kon vlieg na haar plek in die woestyn. Daar sal God vir haar sorg, drie en ’n half jaar lank.

15. Toe het die slang baie water gespoeg na die vrou toe, so baie water soos ’n rivier. Hy wou hê dat die water die vrou moet wegspoel.

16. Maar die aarde het die vrou gehelp. Die aarde het oopgegaan en die water het in die aarde ingevloei, die water wat die draak gespoeg het.

17. Die draak was baie kwaad vir die vrou en hy het weggegaan om oorlog te gaan maak teen die vrou se ander kinders. Haar ander kinders is die mense wat doen wat God se wette sê en wat Jesus gesê het.

18. Die draak het op die strand gaan staan.

Lees volledige hoofstuk Openbaring 12