Ou Testament

Nuwe Testament

Openbaring 10:6-11 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hy het belowe en het gesê God is sy getuie, God wat altyd lewe, God wat die hemel gemaak het en alles wat in die hemel is, en ook die aarde en alles op die aarde, die see en alles in die see. Die engel het gesê: “Die tyd is verby!

7. Wanneer die sewende engel sy trompet blaas, dan sal gebeur wat God voorheen besluit het. Niemand het geweet dat daardie dinge sal gebeur nie, maar God het vir die profete wat Hom dien, gesê dit sal gebeur.”

8. Ek het weer gehoor Iemand praat met my uit die hemel. Hy het gesê: “Jy moet die boekrol gaan haal, die boekrol wat oop is en wat in die hand is van die engel wat op die see en die land staan!”

9. Ek het na die engel gegaan en vir hom gevra om vir my die klein boekrol te gee. Die engel het vir my gesê: “Jy moet dit neem en jy moet dit eet! Dit sal bitter wees in jou maag, maar in jou mond sal dit so soet soos heuning wees!”

10. Ek het die klein boekrol uit die hand van die engel geneem en ek het dit geëet. Dit het so soet soos heuning gesmaak in my mond. Maar toe ek dit geëet het, het my maag bitter geword.

11. Toe sê hulle vir my: “Jy moet weer God se boodskap bring vir die mense van al die volke en lande en tale en vir die konings. Jy moet vir hulle sê God sal hulle straf!”

Lees volledige hoofstuk Openbaring 10