Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 5:43-48 Bybel vir Almal (ABA)

43. “Julle weet die wette sê: ‘Jy moet lief wees vir jou naaste en jy moet jou vyand haat.’

44. Maar Ek sê vir julle: Julle moet lief wees vir julle vyande en julle moet bid vir die mense wat slegte dinge doen aan julle.

45. Dan sal die mense weet julle is kinders van julle Vader in die hemel. Want julle Vader laat die son skyn oor slegte en oor goeie mense en Hy laat die reën val op mense wat goed doen en ook op mense wat verkeerd doen.

46. As julle lief is net vir mense wat ook lief is vir julle, dan sal God nie daaroor goed wees vir julle nie. Die tollenaars doen presies dieselfde.

47. En as julle vriendelik is net met julle vriende, dan doen julle wat ander mense ook doen, julle doen niks beter as hulle nie. Die mense wat God nie ken nie, doen presies dieselfde.

48. Julle Vader in die hemel is lief vir al die mense, dit maak nie saak wie hulle is nie. So moet julle ook lief wees vir al die ander mense.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 5