Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 5:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe Jesus die baie mense sien, het Hy teen die berg opgegaan en gaan sit. Sy dissipels het na Hom toe gekom.

2. Toe het Hy begin om vir hulle te leer. Hy het vir hulle gesê:

3. “Mense wat weet hulle hetvir God nodig,is gelukkige mense,want God wat in die hemel is,is hulle Koning.

4. Mense wat nou hartseer is,is gelukkige mense,want God sal hulle hartseerwegneem.

5. Mense wat nederig isen wat op God vertrou,nie op hulleself nie,is gelukkige mense,want God sal vir hulledie aarde gee.

6. Mense wat baie graag wil doenwat God wil hê,is gelukkige mense,want God sal vir hulle helpom alles te doen wat Hy wil hê.

7. Mense wat goed is vir iemandwat swaarkry,is gelukkige mense.God sal vir hulle ook goed wees.

Lees volledige hoofstuk Matteus 5