Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 3:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. In daardie tyd het Johannes die Doper na die woestyn van Judea gekom en daar gepreek.

2. Hy het gesê: “Julle moet verander en lewe soos God wil hê, want God wat in die hemel is, is Koning oor almal, en van nou af sal almal dit weet.”

3. Die profeet Jesaja het van Johannes gepraat toe hy gesê het:“Iemand skree in die woestynen hy sê:Julle moet die pad gereedmaakvir die Here,julle moet sy paaie reguit maak.”

4. Johannes se klere was van kameelhare gemaak en hy het ’n belt van leer om sy heupe gedra. Hy het sprinkane geëet en heuning wat hy in die woestyn gekry het.

5. Toe het die mense van Jerusalem en die hele provinsie Judea en van plekke naby die Jordaan-rivier na hom toe gegaan.

6. Hulle het gesê hulle is jammer oor hulle sondes, en Johannes het hulle in die Jordaan-rivier gedoop.

7. Johannes het gesien baie van die Fariseërs en Sadduseërs kom sodat hy hulle moet doop. Hy sê toe vir hulle: “Julle is so skelm soos slange! Julle sal nie kan wegvlug wanneer God se straf kom nie.

8. Nee, julle moet wys julle het verander en dat julle nou lewe soos God wil hê. Julle moet wys julle is soos bome wat goeie vrugte dra.

9. Julle sê vir mekaar: ‘Ons is kinders van Abraham,’ en julle dink dáárom sal God julle nie straf nie. Maar Ek sê vir julle: God kan van hierdie klippe kinders vir Abraham maak.

Lees volledige hoofstuk Matteus 3