Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 28:14-20 Bybel vir Almal (ABA)

14. As die goewerneur dit hoor, dan sal ons vir hom sê julle is onskuldig. Julle moenie bekommerd wees nie.”

15. Die soldate het toe die geld gevat en hulle het gedoen wat die Joodse leiers vir hulle gesê het. Die Jode vertel tot vandag toe nog hierdie storie wat die soldate oral vertel het.

16. Die elf dissipels het na Galilea gegaan, Jesus het gesê hulle moet daar na ’n berg gaan.

17. Toe hulle vir Jesus sien, het hulle voor Hom gekniel en Hom aanbid. Hulle het dit gedoen, maar hulle was nie heeltemal seker dat dit Jesus was nie.

18. Jesus het na hulle toe gekom en vir hulle gesê: “God het gesê Ek moet regeer oor alles in die hemel en op die aarde.

19. Daarom moet julle gaan en julle moet die mense van al die volke my dissipels maak. Julle moet hulle doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.

20. Julle moet vir hulle leer om gehoorsaam te wees aan alles wat Ek vir julle gesê het. En onthou: Ek is altyd by julle, tot die einde van die wêreld.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 28