Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 22:41-46 Bybel vir Almal (ABA)

41. Toe die Fariseërs daar bymekaar was, het Jesus vir hulle gevra:

42. “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?”Hulle het gesê: “Hy is die Seun van Dawid.”

43. Jesus sê toe vir hulle: “Hoekom het die Heilige Gees vir Dawid gesê hy moet die Christus ‘Here’ noem?

44. “Dawid het gesê:“Die Here het vir my Here,die Koning, gesê:Sit hier langs My,op die belangrikste plek.Ek sal jou vyandevoor jou laat buig,en jy sal jou voete op hulle sit.

45. “Dawid self noem die Christus ‘Here.’ Hoe kan die Christus dan Dawid se seun wees?”

46. Niemand kon vir Jesus antwoord nie. Van daardie dag af wou niemand weer vir Jesus iets vra nie.

Lees volledige hoofstuk Matteus 22