Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 22:25-43 Bybel vir Almal (ABA)

25. “Daar was sewe broers hier by ons. Die oudste broer het getrou. Hy het gesterf, maar hy het nie kinders gehad nie. Daarom het die tweede broer met die oudste broer se weduwee getrou.

26. Dieselfde het gebeur met die tweede broer en met die derde broer en met al die ander broers tot die sewende broer.

27. Later het die vrou ook gesterf.

28. Nou vra ons: Wie se vrou sal sy wees wanneer almal wat dood is, weer lewe? Want die sewe broers was almal met haar getroud.”

29. Jesus het vir hulle gesê: “Julle is heeltemal verkeerd. Dit is omdat julle nie die Ou Testament en die krag van God ken nie.

30. Wanneer die mense weer lewe, dan sal hulle nie getroud wees nie, en hulle sal nie trou nie. Hulle sal dan wees soos die engele in die hemel.

31. Julle vra oor mense wat gesterf het wat weer sal lewe. Maar het julle nie gelees nie? God het vir julle gesê:

32. ‘Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.’“God is nie die God van dooie mense nie, Hy is die God van mense wat lewe.”

33. Toe hulle dit hoor, was al die mense baie verbaas oor wat Jesus vir hulle geleer het.

34. Die Fariseërs het gehoor Jesus het die Sadduseërs so goed geantwoord dat die Sadduseërs nie geweet het wat om nog te vra nie. Die Fariseërs het toe bymekaargekom.

35. Een van hulle wat die Joodse wette goed geken het, wou hê Jesus moet iets sê wat vir Hom probleme sal gee.

36. Hy het vir Jesus gevra: “Wat is die belangrikste wet van die Here?”

37. Jesus het vir hom gesê: “ ‘Jy moet vir jou God die Here lief wees met jou hele hart en met jou hele lewe en met jou hele verstand.’

38. Dit is die eerste en belangrikste wet.

39. Die tweede wet is net so belangrik. Dit is: ‘Jy moet lief wees vir jou naaste soos jy lief is vir jouself.’

40. “Hierdie twee wette sê alles wat die Wette van Moses en die boeke van die profete vir ons leer.”

41. Toe die Fariseërs daar bymekaar was, het Jesus vir hulle gevra:

42. “Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?”Hulle het gesê: “Hy is die Seun van Dawid.”

43. Jesus sê toe vir hulle: “Hoekom het die Heilige Gees vir Dawid gesê hy moet die Christus ‘Here’ noem?

Lees volledige hoofstuk Matteus 22