Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 22:24-28 Bybel vir Almal (ABA)

24. “Meneer, Moses het in sy wette geskryf wat ons moet doen. Moses het gesê: ‘Wanneer ’n man sterf en sy vrou lewe nog, en hulle het nie kinders nie, dan moet sy broer met die weduwee trou. Wanneer die vrou dan kinders kry, dan sal dit sy broer wat dood is, se nageslag wees.’

25. “Daar was sewe broers hier by ons. Die oudste broer het getrou. Hy het gesterf, maar hy het nie kinders gehad nie. Daarom het die tweede broer met die oudste broer se weduwee getrou.

26. Dieselfde het gebeur met die tweede broer en met die derde broer en met al die ander broers tot die sewende broer.

27. Later het die vrou ook gesterf.

28. Nou vra ons: Wie se vrou sal sy wees wanneer almal wat dood is, weer lewe? Want die sewe broers was almal met haar getroud.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 22