Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 20:25-34 Bybel vir Almal (ABA)

25. Jesus het die dissipels na Hom toe geroep en Hy het vir hulle gesê: “Julle weet daar is mense wat oor ander mense regeer en wat hulle verdruk, daar is belangrike mense wat altyd hard wil regeer oor ander mense.

26. Dit moenie so wees by julle nie. As een van julle die belangrikste wil wees, dan moet hy die ander dien.

27. As een van julle bo die ander wil wees, dan moet hy almal se slaaf wees.

28. Julle moet wees soos Ek is. Ek, die Seun van die mens, het gekom, maar nie sodat almal My moet dien nie. Ek het gekom om mense te dien en om my lewe te gee en te sterf. So sal Ek betaal om baie mense vry te maak van hulle sonde.”

29. Toe Jesus en sy dissipels uit Jerigo uitgaan, het baie mense saam met hulle geloop.

30. Daar het twee blindes langs die pad gesit. Toe hulle hoor Jesus gaan daar verby, het hulle hard begin skree: “Here, Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir ons en ons help!”

31. Baie mense het met hulle geraas en vir hulle gesê hulle moet stilbly, maar hulle het nog harder geskree: “Here, Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir ons en ons help!”

32. Jesus het gaan staan en Hy het hulle geroep en gesê: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?”

33. Hulle sê toe: “Here, ons wil graag sien.”

34. Jesus was baie jammer vir hulle en Hy het aan hulle oë geraak. Die mans kon dadelik sien en hulle het Jesus gevolg.

Lees volledige hoofstuk Matteus 20