Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 20:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jesus het gesê: “In die hemel waar God Koning is, is dit soos ’n man wat een oggend vroeg uitgegaan het om werkers te huur om in sy wingerd te werk.

2. Hy het met die werkers gepraat en hulle het saamgestem dat hy vir elke werker een silwer geldstuk sal gee. Toe het hy hulle na sy wingerd gestuur om te gaan werk.

3. Omtrent nege-uur het hy weer na die mark gegaan en hy het daar nog ander werkers sien staan wat nie gewerk het nie.

4. Hy sê toe vir hulle: ‘Julle mag ook in my wingerd gaan werk, dan sal ek vir julle gee wat julle moet kry.’

5. Hulle het toe gegaan. Die man het omtrent twaalfuur en omtrent drie-uur weer gegaan en hy het weer werkers gehuur.

6. Toe dit omtrent vyfuur was, het hy weer gegaan en hy het ander werkers gesien wat nog daar staan. Toe sê hy vir hulle: ‘Hoekom staan julle die hele dag hier en julle werk nie?’

7. Hulle sê toe vir hom: ‘Omdat niemand vir ons werk gegee het nie.’ Toe sê hy vir hulle: ‘Julle mag ook in my wingerd gaan werk.’

8. En toe dit aand geword het, sê die man vir sy voorman: ‘Roep die werkers en betaal hulle wat hulle verdien het. Betaal eerste die werkers wat laaste begin werk het en dan die werkers wat eerste begin werk het.’

9. Die werkers wat omtrent vyfuur begin werk het, kom toe en hulle kry elkeen die geld wat ’n werker gewoonlik kry wanneer hy die hele dag gewerk het.

10. Die werkers wat eerste begin werk het, kom toe en hulle dink dat hulle meer geld sal kry. Maar hulle het ook elkeen een silwer geldstuk gekry.

11. Hulle neem toe die geld, maar hulle het by die man gaan kla

Lees volledige hoofstuk Matteus 20