Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 7:8-18 Bybel vir Almal (ABA)

8. “Julle luister nie na wat God vir julle sê nie. Maar julle hou aan om te doen wat mense sê.”

9. Jesus het ook vir hulle gesê: “Julle vergeet God se wette maklik, sodat julle kan aanhou doen wat julle voorouers altyd gedoen het.

10. Moses het gesê: ‘Jy moet jou ouers respekteer.’ Hy het ook gesê: ‘As iemand sy pa of sy ma vervloek, dan moet hy sterf. Dit is seker!’

11. Maar julle sê iemand mag vir sy pa of vir sy ma sê: ‘Ek kan julle nie help nie, want die goed wat ek vir julle moes gee, is nou korban, dit beteken ek het dit vir die Here gegee.’

12. Julle sê vir hom hy moenie sy pa of sy ma help nie.

13. Julle doen nooit wat God vir julle sê nie, julle doen net wat julle voorouers vir julle gesê het. Julle doen baie maal dinge soos hierdie.”

14. Jesus het weer die klomp mense na Hom toe geroep en vir hulle gesê: “Julle moet almal na My luister, sodat julle kan verstaan wat Ek sê.

15. Die kos wat by ’n mens se mond ingaan, maak hom nie onrein nie. ’n Mens word onrein van die dinge wat uit sy mond uitgaan, die dinge wat hy sê.”

17. Jesus het in die huis ingegaan, weg van die klomp mense. Sy dissipels het vir Hom gevra wat die gelykenis beteken wat Hy vertel het.

18. Jesus het vir hulle gesê: “Julle is my dissipels, maar ook júlle verstaan dit nie. Die kos wat van buite in ’n mens ingaan, kan hom nie onrein maak nie.

Lees volledige hoofstuk Markus 7