Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 4:37-41 Bybel vir Almal (ABA)

37. ’n Sterk stormwind het begin waai en die branders het so hoog teen die boot begin slaan dat die boot vol water begin word het.

38. Jesus het agter in die boot op ’n kussing gelê en slaap. Die dissipels maak Hom toe wakker en hulle vra vir Hom: “Meneer, is U nie bekommerd oor ons nie? Ons sal verdrink!”

39. Jesus het opgestaan en Hy het kwaai met die wind gepraat. Hy het vir die see gesê: “Bly stil! Word kalm!”Die wind het opgehou waai en die see het stil en kalm geword.

40. Jesus vra toe vir hulle: “Hoekom is julle bang? Glo julle nou nog nie in My nie?”

41. Die dissipels het baie bang geword. Hulle sê toe vir mekaar: “Wie is hierdie Man? Ook die wind en die see luister na Hom.”

Lees volledige hoofstuk Markus 4